Live (musiekgroep)

Live
Live in 'n opvoering by die 2008 DC 101 Chili Cookoff
Agtergrondinligting
OorsprongYork, Pennsylvania, VSA
GenresRock, Alternative rock, Post-grunge, Hard rock
Jare aktief1984–2009, 2011–hede
EtiketteSony, BMG, Epic, Radioactive
AssosiasiesThe Gracious Few
Webwerfwww.freaks4live.com
LedeEd Kowalczyk, Chad Taylor, Patrick Dahlheimer, Chad Gracey
Gewese ledeChris Shinn

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Live is 'n Amerikaanse musiekgroep van York, Pennsylvania, wat bestaan uit Chad Taylor (hoofkitaar), Patrick Dahlheimer (baskitaar), Chad Gracey (tromme), en Chris Shinn (hoofsanger). Live se oorspronklike hoofsanger Ed Kowalczyk het die groep in November 2009 verlaat.

Live het wêreldwye sukses behaal met hul 1994 album, Throwing Copper, wat agt miljoen kopieë verkoop het in die VSA.[1] Die groep het 'n string treffers in die middel van die 1990's gehad, insluitende Lightning Crashes, wat op die top van die Billboard Hot Mainstream Rock Tracks Chart was vir 10 agtereenvolgende weke, asook op die Modern Rock Tracks Chart (nou Alternatiewe Songs) vir nege weke vanaf 25 Februarie tot 22 April 1995.[2] Die muskiekgroep het meer as 20 miljoen albums wêreldwyd verkoop.[3] Die verkope van hulle laaste drie ateljee-albums was maar beperk in die VSA, maar het groot sukses te behaal in Nederland, Suid-Afrika en Australasië.

In Maart 2012 het Chris Shinn, voorheen van die groep Unified Theory, Ed Kowalczyk as hoofsanger vervang.[4] In Desember 2016 het Ed weer vir Chris as hoofsanger vervang.

  1. ""RIAA (Gold and Platinum)"". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 12 Julie 2012.
  2. "Billboard Alternative Songs chart for February 25, 1995" (Nota: druk op die regspyl om die resultate per week aan te skuif)
  3. "LIVE to Perform at The Pools at The Palazzo on June 11" Geargiveer 3 Julie 2012 op Wayback Machine – 7 Mei 2009
  4. Live debuts new lead singer Chris Shinn, formerly of Unified Theory Geargiveer 1 Februarie 2014 op Wayback Machine, Erin McCracken, Daily Record/Sunday News – 12 Maart 2012

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy